Potberg Dohnes en Droërivier Dormers het hul Produksieveiling op 23 Januarie by Swellendam se Skougronde aangebied.
Hierdie was die eerste van drie Dohne produksie-veilings wat OVK gedurende Januarie en Februarie in die Suidkaap aanbied.
Volgens Stephan vd Westhuizen, OVK Stoetvee adviseur op Bredasdorp, was dit `n goeie aanbod van hoë gehalte ramme. In aggenome die feit dat die ramme die afgelope ses maande net op droë stof lande geloop het, het die goeie kwaliteit wol goed vertoon.
Opsommende uitslag van Potberg Dohne se veiling:
Aantal verkoop: 50
Gemiddeld van veiling: R9 060
Duurste ram: R23 000
2de duurste ram: R22 000
Koper van duurste ram: Boet van Zyl, Albertinia
Koper van 2de duurste ram: Hennie Bosman, Albertinia
Foto:
Dirk du Toit (verkoper), Vlooi du Toit (verkoper), Adele du Toit (Vlooi se vrou), Hennie Bosman (koper), Bart Nel (OVK Riversdal), Boet van Zyl (koper), Stephan van der Westhuizen (OVK Stoetvee Adviseur), Jakkie Nel (afslaer )
Vashouers: Magiel Dowry en Pieter Ward